TuisBTC / BRL • Kriptogeldeenheid
Bitcoin (BTC / BRL)
352 378,78
17 Jul., 17:06:00 UTC · Vrywaring
WisselkoersKriptogeldeenheid
Vorige sluiting
353 079,05
Bitcoin verwys na 'n elektroniese geldeenheid, asook na die oopbronsagteware wat ontwerp en geskryf is om dit te kan munt en gebruik. Dit is van die eerste implementerings van kriptogeld, wat in 1998 beskryf is deur Wei Dai op die cypherpunks elektroniese poslys. Satoshi Nakamoto het dit in 2009 geïmplementeer. Bitcoin is die eerste aanwending van 'n blokketting. Eienaars van Bitcoin kan van verskeie webwerwe gebruik maak om Bitcoin vir nasionale geldeenhede soos Suid-Afrikaanse rand, Amerikaanse dollar, of euro te verruil, en kan dit as betaalmiddel vir goedere en dienste by 'n aantal verskaffers gebruik. Bitcoin is 'n gedesentraliseerde digitale geldeenheid, sonder beheer deur 'n sentrale bank of enkele administrateur, wat van gebruiker tot gebruiker in die eweknie-bitcoin-netwerk gestuur kan word sonder dat tussengangers nodig is. Transaksies word deur kriptografiese metodes deur netwerknodusse geverifieer en opgeneem in 'n grootboek wat 'n blokketting genoem word. Bitcoins word geskep as 'n beloning vir 'n proses wat "mynbou" genoem word. Dit kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste. Wikipedia
Die Brasiliaanse real is die geldeenheid van Brasilië. Een real is 'n honderd centavos. Die naam real verwys na die Portugese woord vir koninklik. Munte in sirkulasie is: 5, 10, 25, 50 centavos en 1 real. Die papiergeld is beskikbaar in 2, 5, 10, 20, 50 100 en 200 real. Die eerste geldeenheid wat in Brasilië gebruik is vanaf 1624 was die gulden, tydens die besetting van Brasilië deur Nederland. Die reais word al vanaf 1654 as geldeenheid in Brasilië gebruik en was die eerste ware Brasiliaanse geldeenheid sedert 1690. As gevolg van inflasie is die mil-réis in 1846 in gebruik geneem. Mil-réis beteken duisend real. Die mil-réis is deur die cruzeiro in 1942 vervang in 'n 1:1 verhouding, alhoewel die mil-réis nog tot in 1955 in gebruik was. Wikipedia
Ontdek meer
Jy stel dalk belang in
Hierdie lys word gegenereer uit onlangse soektogte, effekte wat gebruikers volg en ander aktiwiteit. Kom meer te wete

Alle data en inligting word “voetstoots” en uitsluitlik vir persoonlike inligtingsdoeleindes verskaf; dit is nie bedoel as finansiële advies of vir verhandeling nie, en ook nie as beleggings-, belasting-, regs-, rekeningkundige of ander advies nie. Google is nie 'n beleggingsadviseur of 'n finansiële adviseur nie, en spreek geen beskouing, aanbeveling of mening uit ten opsigte van enige van die maatskappye wat by hierdie lys ingesluit word of enige effekte wat deur daardie maatskappye uitgereik word nie. Raadpleeg asseblief jou makelaar of finansiële verteenwoordiger om pryse te verifieer voordat jy enige handelstransaksies uitvoer. Kom meer te wete
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Google-programme
Hoofkieslys