TuisCAD / NAD • Geldeenheid
add
CAD / NAD
Vorige sluiting
13,31
Marknuus
Meer oor Kanadese dollar
Die Kanadese Dollar is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.
Terwyl die International Organization for Standardization se kode CAD algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$, Can$ en CDN$ vir die Kanadese geldeenheid.
Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk. WikipediaMeer oor Namibiese dollar
Die Namibiese dollar is sedert 1993 die geldeenheid van Namibië. Die eenheid word gelykstaande gehou met die Suid-Afrikaanse rand. Laasgenoemde is ook 'n amptelike geldeenheid weens Namibië se lidmaatskap in die Gemeenskaplike Monetêre Gebied.
Muntstukke in sirkulasie is: 5, 10, 50 sent, $1 en $5. Banknote is $10, $20, $50, $100 en $200. Wikipedia