TuisCHF / ZAR • Geldeenheid
add
CHF / ZAR
Vorige sluiting
20,31
Marknuus
Meer oor Switserse frank
Die Switserse frank is die amptelike geldeenheid van Switserland en Liechtenstein. Gewoonlik word afkortings soos CHF en SFr gebruik. WikipediaMeer oor Suid-Afrikaanse rand
Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola, Zambië en Zimbabwe. Die rand is voorheen ook in Botswana, Suidwes-Afrika asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
'n Rand word verdeel in 100 sente
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke en 5 note. Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Wisselkoers: 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR. Wikipedia