TuisJPY / HNL • Geldeenheid
JPY / HNL
0,1586
17 Jul., 09:03:00 UTC · Vrywaring
Wisselkoers
Vorige sluiting
0,16
Marknuus
Die jen is die geldeenheid van Japan. Dit is die derde mees verhandelde geldeenheid in die buitelandse valutamarkte ná die Amerikaanse dollar en die euro. Dit word ook algemeen gebruik as 'n reserwegeldeenheid na die dollar, euro en Britse pond. Die ISO 4217-kodes vir jen is JPY en 392. Die Latynse simbool is ¥ terwyl dit in Japannees ook met die kanji-simbool 円 aangedui word. Soos dikwels in Asië die gebruik is, word groot bedrae dikwels uitgedruk in veelvoude van 10 000, nes dit in Westerse lande in veelvoude van duisend uitgedruk word. Die jen is in 1872 deur die Meiji-regering ingevoer as 'n geldstelsel soortgelyk aan dié in Europa. Dit het die ingewikkelde monetêre stelsel van die Edo-tydperk, gegrond op die mon, vervang. Die Nuwe Geldeenheid-wet van 1871 het die aanvaarding van die desimale stelsel van jen, sen, en rin tot gevolg gehad met ronde munte wat in die Weste geslaan is. Die jen is wetlik gedefinieer as 0,78 troois-onse suiwer silwer, of 1,5 gram suiwer goud. Dieselfde hoeveelheid silwer is vandag ongeveer 1 181 moderne jen werd, terwyl dieselfde hoeveelheid goud ongeveer 3 572 jen werd is. Die wet het Japan ook na die goudstandaard laat oorskakel. Wikipedia
Die lempira is sedert 1931 die geldeenheid van Honduras, 'n land in Sentraal-Amerika. Die lempira is na die Lenca-Indianeleier en -vryheidstryder Lempira vernoem. Sy afbeelding kan op die 1 lempira noot, asook die 50 centavos muntstuk gesien word. In 1980 kon een Amerikaanse dollar vir twee lempira's gewissel word, in 2004 was een dollar egter reeds 18,75 lempira werd gewees. Sindsdien is die koers gestabiliseer. In Februarie 2011 word een dollar teen 18,5 lempira gewissel. Munte in omloop: 1 centavo 2 centavos 5 centavos 10 centavos 20 centavos 50 centavos 1 lempira Note in omloop: 1 lempira 5 lempiras 10 lempiras 20 lempira 100 lempiras 500 lempiras Wikipedia
Ontdek meer
Jy stel dalk belang in
Hierdie lys word gegenereer uit onlangse soektogte, effekte wat gebruikers volg en ander aktiwiteit. Kom meer te wete

Alle data en inligting word “voetstoots” en uitsluitlik vir persoonlike inligtingsdoeleindes verskaf; dit is nie bedoel as finansiële advies of vir verhandeling nie, en ook nie as beleggings-, belasting-, regs-, rekeningkundige of ander advies nie. Google is nie 'n beleggingsadviseur of 'n finansiële adviseur nie, en spreek geen beskouing, aanbeveling of mening uit ten opsigte van enige van die maatskappye wat by hierdie lys ingesluit word of enige effekte wat deur daardie maatskappye uitgereik word nie. Raadpleeg asseblief jou makelaar of finansiële verteenwoordiger om pryse te verifieer voordat jy enige handelstransaksies uitvoer. Kom meer te wete
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Google-programme
Hoofkieslys