TuisJPY / NGN • Geldeenheid
add
JPY / NGN
Vorige sluiting
10,38
Marknuus
Meer oor Japannese jen
Die jen is die geldeenheid van Japan. Dit is die derde mees verhandelde geldeenheid in die buitelandse valutamarkte ná die Amerikaanse dollar en die euro. Dit word ook algemeen gebruik as 'n reserwegeldeenheid na die dollar, euro en Britse pond. Die ISO 4217-kodes vir jen is JPY en 392. Die Latynse simbool is ¥ terwyl dit in Japannees ook met die kanji-simbool 円 aangedui word. Soos dikwels in Asië die gebruik is, word groot bedrae dikwels uitgedruk in veelvoude van 10 000, nes dit in Westerse lande in veelvoude van duisend uitgedruk word.
Die jen is in 1872 deur die Meiji-regering ingevoer as 'n geldstelsel soortgelyk aan dié in Europa. Dit het die ingewikkelde monetêre stelsel van die Edo-tydperk, gegrond op die mon, vervang. Die Nuwe Geldeenheid-wet van 1871 het die aanvaarding van die desimale stelsel van jen, sen, en rin tot gevolg gehad met ronde munte wat in die Weste geslaan is. Die jen is wetlik gedefinieer as 0,78 troois-onse suiwer silwer, of 1,5 gram suiwer goud. Dieselfde hoeveelheid silwer is vandag ongeveer 1 181 moderne jen werd, terwyl dieselfde hoeveelheid goud ongeveer 3 572 jen werd is. Die wet het Japan ook na die goudstandaard laat oorskakel. WikipediaMeer oor Nigeriese naira
Die Nigeriese Naira is die geldeenheid van Nigerië. Een naira is 'n honderd kobo. Munte in sirkulasie is: 50, 100, 200 kobo. Die papiergeld is beskikbaar in 5, 10, 20, 50, 100, 200, 500 en 1000 naira.
In Oktober 2021 word die eNaira, die digitale weergawe van die staatsgeldeenheid, amptelik in Nigerië bekendgestel. Wikipedia