TuisZAR / CDF • Geldeenheid
add
ZAR / CDF
Vorige sluiting
156,68
Marknuus
Meer oor Suid-Afrikaanse rand
Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola, Zambië en Zimbabwe. Die rand is voorheen ook in Botswana, Suidwes-Afrika asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
'n Rand word verdeel in 100 sente
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke en 5 note. Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Wisselkoers: 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR. WikipediaMeer oor Kongolese frank
Die frank is die geldeenheid van Demokratiese Republiek van die Kongo. Een frank is 'n honderd centime. Munte in sirkulasie is: 1, 5, 10, 20 en 50 centime. Die papiergeld is beskikbaar in 1, 5, 10, 20, 50, 100, 200, 500, 1000, 5000, 10000 en 20000 frank. Wikipedia