Hoekom ons advertensies verkoop,
nie soekresultate nie.

In 'n wêreld waar alles skynbaar te koop is, hoekom kan adverteerders nie 'n beter posisie in ons soekresultate koop nie?

Die antwoord is eenvoudig. Ons glo dat jy dit wat jy met Google vind, moet kan vertrou. Ons benadering tot soektogte was nog altyd om die mees relevante antwoorde en resultate aan ons gebruikers te verskaf.

Google se soekresultate neem in ag wie aan 'n webbladsy skakel, asook hoe relevant die inhoud op daardie bladsy vir jou soektog is. Ons resultate weerspieël wat die aanlyn gemeenskap meen belangrik is, nie wat ons of ons vennote dink jy behoort te sien nie.

En terwyl ons glo dat relevante advertensies net so nuttig soos werklike soekresultate kan wees, wil ons nie hê dat enigiemand verward moet wees oor watter een wat is nie.

Elke advertensie op Google is duidelik gemerk en van die werklike soekresultate geskei. Terwyl adverteerders meer kan betaal om hoër in die advertensiearea te verskyn, kan niemand beter plasing in die soekresultate self koop nie. Daarby word advertensies net gewys as hulle verband hou met die soekterme wat jy ingevoer het. Dit beteken dat jy net advertensies sien wat in werklikheid nuttig is.

Sommige aanlyn dienste reken nie dat die onderskeid tussen soekresultate en advertensies so belangrik is nie.

Ons dink wel só.